|
||||||||
|
||||||||
Marina Martinique Aangrensend aan die strande van Jeffreysbaai, die strand en branderplank mekka van Suid Afrika op die punt van die Tuin Roete, Marina Martinique is 'n toonbeeld van Kaapse Karibiese argitektuur en 'n waterkant leefstyl
Toegang tot hierdie gesogte woonarea word 24 uur per dag streng beheer deur sekuriteitsbeamptes. Dit verseker 'n hoë vlak van persoonlike veiligheid met die gemoedsrus wat daarmee saamgaan. Marina Martinique B & B Marina Martinique B & B het ‘n drie ster gradering van die Toerisme Graderings Raad van Suid-Afrika en is Hoogs Aanbeveel deur die AA Reisgidse se kwaliteits sekerheids program. Geleë op 'n eiland binne die Marina, bied Marina Martinique B & B vyf, ruim, luukse en-suite kamers elk met 'n eie balkon in ‘n rustige atmosfeer langs die waterkanale.
Geen uitgawes is ontsien om elke kamer gerieflik vir ons gaste te maak nie. Elke kamer het 'n eie TV, yskas, haardroër, toesluit-kluis vir waardevolle items en koffie en tee fasiliteite. Kamers word daagliks skoongemaak.
Daar is ook 'n gemeenskaplike eet en sitkamer wat uitloop op 'n groot dek wat uitkyk oor die kanale. Faks en internet fasiliteite is beskikbaar.
'n Volledige engelse ontbyt word bedien en aandetes kan op aanvraag gegee word. Daar is ook twee uitstekende restaurante aangrensend aan die Marina Martinique. Pret op die Water
Die water in die kanale is helder skoon seewater en is veilig om in te swem. Gaste kan ook eie kanos saambring vir gebruik op die kanale. Die fantastiese strande van St Francis Bay met alles wat hulle aanbied is net buite die Marina geleë. Jeffrey's Baai Suid Afrika se wêreld bekende brander- plank mekka. Dagstappe in 3 Natuur Gebiede, Gym, Rolbal, Golf, Tennis, Diepsee Hengel, Perde ritte op die strand, walvis besigtiging ens. Jeffrey’s Baai is ‘n vooruitstrewende dorp met meeste, indien nie alle nodige fasiliteite – Mall, Restaurante, Flieks, Strandbaai, Skulpie Museum, ens. Plekke om te besoek
Dagritte vanaf Jeffrey's Baai
Tariewe: (sluit 'n voledige Engelse onbyt in)
Navrae/Besprekings/Terugvoering Stuur asb 'n epos met enige verdere vrae wat u mag hê. As u wil bepreek kan u dit gerus intyds doen deur die booksure knoppie hieronder te kliek. |
||||||||
|
|
||||||||
|
Tel: 042 292 0000 Fax: 086 664 6867 e-mail: info@mmbnb.co.za |
website designed and hosted by ZAwebs.com